Temba Caprivi Logo
Caprivi airial photo
Caprivi sunset
Tel +27 (0) 21 8550395

NASIONALE PARKE EN LODGES VAN DIE CAPRIVI OF ZAMBEZI DISTRIK IN NAMIBIë

Kliek eenvoudig op die foto of die skakel om meer inligting oor die lodge te kry, of om ‘n bespreking te doen

Kwando Camp
KWANDO CAMP - Naby Muduma Nasionale Park, bied Kwando Camp jou gasvryheid en aktiwiteite in ‘n pragtige, ongerepte gebied
Namushasha Lodge NAMUSHASHA RIVER LODGE is nou weer 'n voorslag lodge en word sterk aanbeveel.
Mazambala Island Lodge Mazambala Island Lodge 'n gesinsbestemming op 'n eiland in die Caprivi, Namibië.
Lianshulu Lodge LIANSHULU LODGE- Luukse akkommodasie in die Mudumu Nasionale Park.
Ngep Camp Ngepi Camp ‘n gesinsbestemming op die oewer van die Kavango- of Okavango-rivier in die Caprivi, Namibië
Popa Falls
POPA FALLS - Basiese en bekostigbare akkommodasie op die Kavango- of Okavangorivier in die Caprivi.
Mahangu safari lodge
MAHANGU SAFARI LODGE - Gerieflik ingerig met grasdakke – ‘n gerestoureerde lodge in die Caprivi-streek van Namibië reg langs die Mahango Nasionale Park. Die woord "Mahangu" beteken "kos van die plaaslike mense ".

DIE CAPRIVI-STROOK IN NAMIBIë

Die Caprivi strook in die Noord Ooste van Namibië is in 2013 herdoop tot Zambezi Distrik. Die naam is afgelei van die rivier wat die Noor-Oostelike grens van die gebied vor, Die gebied is die smal strook wat vanaf Rundu Oos Waarts tot by Zimbabwe loop. Die grootste dorp in die streek is Katima Mullilo. Die plaaslike mense verwys steeds na die streek as die Caprivi strook en dit sal beslis tyd neem vir die nuwe naam om inslag te vind.

Die Caprivi is ‘n fassinerende gebied met ‘n kleurvolle geskiedenis en ‘n interessante kombinasie van moerasse, riviere, woud en bosse. Dit is ‘n piepklein strokie land, maar grens aan vier lande: Namibië, Angola, Botswana en Zimbabwe. In 1890 het die gebied aandag getrek toe die Duitse Regering beslag gelê het op Zanzibar, die eiland op die kus van Oos-Afrika. Die Britte was nogal ontsteld oor hierdie skuif en die kwessie is geskik deur Zanzibar vir hierdie strook land te ruil. Die Duitsers het die area na die Duitse Kansellier van daardie tyd vernoem, met die gewigtige naam van Generaal Hertog Georg Leo von Caprivi di Caprara di Montecuccoli. Gelukkig gebruik ons vandag net die Caprivi-gedeelte van sy van!

Die Caprivi bied iets aan almal. Alhoewel sekere dele wel toeganklik is vir ‘n tweewiel-aangedrewe voertuig (die Popa-Watervalle en die Mahango Wildpark), kan die oostelike gedeeltes slegs met ‘n vierwielaangedrewe voertuig bereik word. Daar is vier standhoudende riviere (Zambezi, Kwando, Chobe en Linyanti) en vier Nasionale Parke (Mamili, Mudumu, Mahango en Bwabwata). As gevolg van die oorvloed water, is die Caprivi die tuiste van 600 voëlspesies, vier van die Groot Vyf, en ‘n verstommende verskeidenheid flora. Die menslike bewoners is nie minder interessant nie: die Caprivi is ondanks die klein area, die tuiste van 6 etniese stamme wat ‘n Zambiese taal (Lozi) as hul omgangstaal aanvaar het!

Temba voorsien uitstekende akkommodasie in die Caprivi. In vergelyking met soortgelyke akkommodasie in die Okavango Delta, is pryse in die Caprivi baie laer, terwyl jy ‘n selfs beter safari-ondervinding en wildbesigtiging kan geniet. Die luukse Kwando Camp, net buite die Mudumu Nasionale Park, bied ‘n pragtige uitsig oor die Kwando-rivier en die akkommodasie behels eilandtente, boomhuise of kampeerplekke. Die Namushasha Lodge is ‘n luukse lodge wat oor ‘n rustige seekoeipoel uitkyk. Jy gaan tuis in lugverkoelde en suite rondawels en daar is baie geleentheid vir wildbesigtiging en voëlkykery. Die Mazambala Island Lodge is in ‘n area geleë wat deur die plaaslike inwoners die “plek van oorvloed” genoem word. Dit is net die plek om te besoek as jy op soek is na baie rus en ontspanning. Ngepi Camp bied unieke akkommodasie in luukse boomhuise. Hulle kampeerplekke is skaduryk en dit is die enigste plek ter wêreld met ‘n drywende swembad wat seekoei- en krokodilbestand is! Popa Falls bied landelike, gerieflike akkommodasie en bied goeie waarde vir geld. Dit is naby die pragtige Popa Stroomversnellings in die Kavango-rivier. Die Mahangu Safari Lodge bied stylvolle, rustige akkommodasie in luukse rondawels en luukse safari-tente.

NAMIBIë

Ry van die Caprivi via Etosha Nasionale Park na Damaraland of Kaokoland in die west van Namibië. Dit mag twee dae neem maar is beslis die moeite werd.. In Damaraland is daar 'n aantal uitstekende verblyfplekke maar Twyfelfontein Country Lodge naby die vertseende woud by die bekende Twyfelfontein rots kuns is beslis ons gusteling.

Van Twyfelfontein sakl dit jou 9 uur neem tot by Keetmanshoop in die suide van Namibië. Die Kokerboom wout en Giants Playground is 'n paar kilometer noord van die dorp en is veseker die hoof attraksie van die dorp. The Kokerboom Ruskamp is by die besonderse plek. Hulle bied selfsorg akkommodasie teen bekostigbare tariewe.Jy kan ook oorweeg om by Grunau Motor inn , by die Shell Garage in Grunau ongeveer 130 km suid van Keetmanshoop te oornag.

BOTSWANA

Botswana grens aan die Caprivi en ons beveel die Thapama Hotel in Francistown, Botswana se tweede grootste stad aan. Francistown is 680 km van die Caprivi.

ZIMBABWE

As jy beplan om Zimbabwe te besoek na jou verblyf in die Caprivi kan jy die brug in Katima Mulilo kruis en via Zambiê tot in Victoria valle ry of jy kan die grens by Ngoma Brug kruis en deur Botswana ty vir 70 km tot in Zimbabwe. Ongeag van die roete waarop jy besluit het sal jou eerste stop waarskynlik Victoria valle, die avontuur hoostad van Zimbabwe wees. Victoria Valle is die tuiste van 'n hele aantal uitstekende hotelle soos bv Ilala Lodge, The Kingdom Hotel en Victoria Falls Hotel om maar net enkeles te noem

The Hwange Nastionale Park is slegs 180 km van Victoria Valle. Hwange Nasionale Park is Zimbabwe se mees bekendste park of wildreservaat. Sikumi Tree Lodge is 'n baie besonderse lodge by die park

Verder suid en naby Bulawayo is die Matobo Hills Nasionale Park. Die Matobo Hills Lodge bied uitstekende akkommodasie in die besonderse park.

'n ander opsie sal wees om zimbawe se groots dam die Karibadam te besoek en op n eiland te wete Fothergill Eiland, in 'n luukse lodge te bly.

 

Lianshulu Lodge Namushasha River Lodge Kwando Camp Ngepi Kamp Mahangu Safari Lodge Popa Falls Mazambala Eiland Lodge Caprivi